(C/Bb)

1. Ek sien 'n poort wyd ope staan, en deur my aardse duister bestraal 'n kruis my lewensbaan met wonderskone luister.

Koor
Genade Gods, so ryk en vry -
die poort staan ope ook vir my,
vir my, vir my, staan ope ook vir my!

2. Die poort staan oop vir iedereen wat redding soek van sonde.
Ja, ryke^en arme gaan daarheen, verlos deur Jesus wonde.

3. Die ope poort lei tot Gods troon; hou moed, al dreig die vyand; aanvaar die kruis, en win die kroon, die gawe van die Heiland!

4. Aan gindse sy verdwyn die kruis, hier tot ons heil gegewe;
dan dra ons in die hemelhuis
die kroon van ewig' lewe.