(D)

1. Ek dink gedurig aan die dag,
en hoor my moeder's stem so sag: "Verlaat jy, kind, my sorg en trou, wil steeds jou moeder's beë onthou."

Koor
Gedenk ek tans haar liefde teer,
dan hoor ek haar gedurig weer,
dan bring 'n stem haar woorde mee, en dink ek steeds aan moeder's be&#
235.

2. Gedurig bly haar woord my by,
haar stem het steeds my hart verbly, hoe ook verdwaal, die Vader weet, haar bede sal ek nooit vergeet.

3. So lank geleë, kan ek onthou,
het sy gebid vir my, so trou,
ek sien haar by die rusbank weer en hoor my moeder's woorde, teer.

4. Steeds sal ek aan die uur gedenk, toe Jesus redding aan my skenk, vir sondeskuld sy soete vreë -
die antwoord op my moeder's be&#
235.

5. Vir moederliefde, ruim en teer,
vir so 'n gawe tot u eer,
wat ek in haar van Jesus leer, bring ek aan U my dank, o Heer.