(G/A)

1. Toe ek nog 'n klein kindjie was, kan my dit goed voorstaan,
hoe ek my moeder somtyds veel verdriet het aangedaan;
sy is nou in die hemel
en ek wil ook daarheen gaan.
Ag Heiland, sê aan moeder ek kom aan.

Koor
Vertel haar ek kom aan,
sy het net voor gegaan;
deur haar gebed sal ek ook daarheen gaan. Vertel haar ek kom aan,
sy het net voor gegaan;
vertel my dierbaar moeder ek kom aan.

2. Al was ek soms so moeilik, sy was altyd lief en sag; geduldig het sy my verdra en in gebed bly wag;
en ook in hartseer dae
stort sy saam met my 'n traan.
Ag Heiland, sê aan moeder ek kom aan.

3. Met jare se verloop het
ek die ouerhuis verlaat;
sy het nog, met gebroke hart,
so mooi met my gepraat;
sy't dag en nag gelowig
vir my tot die Heer gegaan.
Ag Heiland, sê aan moeder ek kom aan.

4. Eendag stuur sy 'n boodskap,
as ek haar wil sien vir laas,
moet ek so gou as moontlik kom, die boodskap sê: "Maak haas!" Daar het ek haar beloof ek
gaan die Here volg voortaan.
Ag Heiland, sê aan moeder ek kom aan.