(D/C)
1. Ver van my ouerhuis verdwaal,
sit ek nou alleen en ween,
en dan dink ek weer aan haar gebeë, want ek is verdwaal, alleen;
maar my moeder het vir my gebid, moederliefde, sag en teer.
Liewe Jesus, bring my weer,
veilig by my moeder, teer.
2. Eens breek die geleentheid aan
dat ek weer kon huis toe gaan,
om vergifnis wou ek haar gaan vra, want ek het ver weggegaan;
maar te laat het ek dit nou gehoor, want my moeder is nie meer;
en te laat was my berou,
mag haar bede my behou.
3. In haar graf, so kil en koud,
was haar stem vir altyd stil;
maar my moeder het vir my gebid, om na Jesus terug te keer;
in die hemel sal ek haar weer sien, waar sy sit aan Jesus voet;
deur my trane van berou,
sien ek haar by Jesus nou.