(G)

1. Aan die end van die dag, en jy kniel te bid,
sal jy my ook onthou? Ek het nodig die Heer, daarom vra ek weer,
sal jy my ook onthou?

Koor
As jy bid, sal jy my onthou, }2x sal jy my naam ook noem in jou beë?

2. Sal ons dan nie meer bid, al die laste dra,
die Woord ons opdrag gee? Seën Hy ons meer en meer met sy liefde teer;
as ons mekaar onthou.

3. Kom ons bid vir mekaar, vind geleentheid daar, laat ons mekaar onthou. Aan die einde sal Hy ons beloon daarby,
as ons mekaar onthou.