(F)
1. Ek het gesondig voor God se reg, ek het gesien sy oordeel is reg; skuldig was ek in moeder se skoot, my sonde het so al meer vergroot.
Koor
Gee my gena, help my, o Heer,
gee my opnuut 'n vaste Gees weer; reinig my hart, maak alles goed, skenk vrede in my gemoed.
2. Ek het gekom om voor U te kniel,
o Here, help my, red nou my siel.
Wys my die weg waarop ek moet gaan, u liefde moet nou my weg hier baan.
3. Harte gebroke, gees so verslae -
dis wat die Heer van elk' sondaar vra. Kom met berou en kniel voor Hom neer, vergifnis skenk Hy in liefde teer.