(D)

1. Soos 'n hert smag na waterstrome, smag my siel na U, o Heer.
U alleen is my hartsverlange,
en ek bring aan U die eer.
U alleen is my krag, my skild. Aan U alleen wy ek nou myself. U alleen is my hartsverlange,
en ek bring aan U die eer.

2. O my siel, waarom so onrustig
en wat buig jy jou in my? Waarom dien jy die Heer onlustig met die vyandsmag so fel? Menigmaal het Hy al die druk
vir jou verander in vol geluk.
Hoop op God, raak in Hom weer rustig, bring die Heer voortdurend lof.

3. In die dag sal die Heer sy goedheid en sy guns oor my gebied.
Deur die donkerste nag omgewe, sing ek nog my pelgrimslied.
Lof aan Hom deur die donker nag, so bly ek steeds op die Here wag; my gebed stuur ek op na bowe,
na die ewig' Lewensbron.