(F/G)
1. Ek hef my stem, 'n lofsang tot u Naam, ek hef my hart want U is altesaam; kom vul my hart, Heer Jesus, doen dit nou, sodat my lippetaal u Naam vereer.
Koor
Dan sing ons halleluja, halleluja, }2x lof en ere aan sy Naam!
2. Ek was so blind, maar nou is ek u kind, o ek is bly want U het my bevry;
ek sal U loof my hele lewe deur,
totdat ek eenmaal saam met U verkeer.
3. U is getrou, Heer Jesus, deur u krag skenk u genade aan 'n sondaar vuil;
vir ewig wil ek in u skadu skuil,
daar's in my hart 'n lofsang dag en nag.
4. Wanneer ons eenmaal voor u troon sal buig, sal eng'le saam met ons u lof betuig; want in die hemelsale, ryk versier,
sal ons dan bruilof saam met U kan vier.