(Bb/C)
1. Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer, die Allerhoogste wat in liefde oor sy koninkryk regeer;
Hy't belowe, aan die einde, op die wolke kom Hy weer, Hy is Koning, Hy regeer.
Koor
Loof Hom, prys Hom, halleluja, (3x) Hy is Koning, Hy regeer!
2. Die Here is ons vesting
wat vir altyd sal bly staan,
Hy beskerm elke mens wat
in geloof na Hom toe gaan;
Hy's ons skuiling, Hy's ons wapen, Hy't die vyand reeds verslaan,
Hy's die Rots wat ewig staan.
Koor
Loof Hom, prys Hom, halleluja, (3x) Hy's die Rots wat ewig staan!
3. Kom deel nou in ons loflied, hef jou hande op na bo,
blaas basuine, slaan op tromme en kom juig voor God se oë kom deel in die oorwinning van sy Woord waarin ons glo, want sy Woord sal ewig staan.
Koor
Loof Hom, prys Hom, halleluja, (3x) sy Woord sal ewig staan!