(C/D)

1. Kyk en sien die hemelpoort staan oop, waardeur elke kind van God moet gaan; dis die poort na d' salige land.

Koor
Jesus staan, Hy roep elkeen:
"Word nou gered, o, kom en leef met My!" Die hemelpoort staan steeds nog oop!

2. Wie sal by die hemelpoort eens wag, dit is Jesus wat die poort ontsluit; Heer ontvang my gees in u hand.

3. Sal daar vriende wees wat my verwag, wat daar wag totdat ek daar aanland; as my oog eens breek hierdie kant.

4. Jesus self sal my ontmoet daarbo, Heer, ek kom om daar by U te wees; ewig leef ek daar by U, Heer.