(C/Bb/A)

1. Hier is stryd en leed vir die hart, hier is pyn, ja, leed en sterwensmart, maar daar bowe is 'n heerlik land.

Koor
O hoe heerlik sal dit eens wees, eenmaal verheerlik met Jesus te leef! Heerlik, heerlik sal dit eens wees, verheerlik daar met Jesus te leef!

2. Hier is stryd, leed en sterwensmart, ons is so onveilig op die aard' -
vol van smart, verdriet en moeilikheid.

3. Hier's vir ons geen rusplek op aard, ons leef in die vyand se gebied, want die sielerusplek is daarbo.

4. Hier is dood, leed en sterwensmart,
maar daarbowe vreugde vir die hart,
waar geen dood of skeiding ooit sal wees.