(C/D)

1. My siel verlang so na die hemel,
daar waar die eng'le sing en juig,
daar waar die dood nie meer sal heers nie, o daar wil ek heen deur sy gena.

Koor
En wil jul met my same gaan, (2x)
my reis is na Kanaa?n, daar ver oor d' Jordaan, en wil jul met my same gaan.

2. Dan sal ons eenmaal daar tesaam wees, die Lam verwelkom almal daar,
daar wag verminkte, moeë pelgrims,
hul roep en wink ons hemel toe.

3. Die dag breek eindelik vol glorie, wanneer die saalges daar vergaar, weldra sal Christenstryders almal deur segesang Hom hulde bring.

4. Daar sal ek soos die hemelinge, in vlekkelose reinheid staan;
om met verloste sterwelinge volmaak en heilig om te gaan.

5. Daar sal ons leed en stryd verby wees, daar sal ons dan vir ewig juig;
met al die bloedgewaste skares,
sal ons dan, Heer, u Naam vereer.