(D)
1. Skemer, dis skemer, en die awend het gedaal.
Luister, o luister, in Getsemane aldaar.
In die skemer van die aand
het Hy bedroef en bang geword;
ja, sy sweet was druppels bloed,
en sy kelk moes geledig word.
Skemer, dis skemer, en die awend het gedaal.
Luister, o luister, in Getsemane aldaar.
2. Luister, o luister, dis die koms van 'n grote skaar.
Luister, o luister, Judas kom Hom te verraai.
Hy gee Hom aan hulle oor,
hulle vang Hom onverhoor;
ja, die wrede doringkroon,
en die kruis na Golgota.
Luister, o luister, dis die koms van 'n grote skaar.
Luister, o luister, Judas kom Hom te verraai.
3. Luister, o luister, dis vir jou en dis vir my.
Luister, o luister, aan die kruis het Hy gely.
Ons van sonde te bevry,
het Hy soveel smart gely;
gee jou hart nou aan Hom oor,
Hy, die Een wat jou bekoor.
Luister, o luister, dis vir jou en dis vir my.
Luister, o luister, aan die kruis het Hy gely.