(A/Bb)

1. Aan die kruis op Golgota
sterf Gods Seun vir u en my;
daar skenk Hy aan ons gena
en maak ons van sonde vry.
Daar gee Hy sy lewensbloed,
wat ons rein maak in d' gemoed;
vir my sterf Hy uit gena
aan die kruis op Golgota.

Koor
Op Golgota ..., op Golgota ...,
vir my sterf Hy uit gena,
aan die kruis op Golgota.


2. Deur sy liefde, wonderteer,
val ek aan sy voete neer;
sondaarsliefde tot die dood,
dit het groot oorwinningskrag.
Heer, ek gee my nou aan U,
siel en liggaam en ook gees;
ook vir my is daar gena
aan die kruis op Golgota.

3. Liewe Heiland, neem my aan,
sien my biddend voor U staan;
'k gee my hart aan U geheel,
U, Heer, is my ewig' deel.
Reinig my, steeds meer en meer,
maak my^'n tempel tot u eer;
ook vir my koop U gena
aan die kruis op Golgota.

4. Diepe nag en donkerheid
was op aarde rondverspreid,
toe die Segeheld met krag,
sterwend roep: "Dit is volbrag!"
Ja, die Midd'laar het voldaan,
vry mag elk' nou tot Hom gaan;
vir elk' sondaar is gena
by die kruis van Golgota!