(C)
1. Sing verlostes, sing van Jesus liefde, sing hoe sy genade red;
in die hemel, o so heerlik,
maak Hy daar ons plek gereed.
Koor
As ons almal in die hemel,
daardie dag so vol vreugde, saam geniet, sien ons almal Jesus,
en sing saam die oorwinnaarslied.
2. Laat ons dan getrou wees hier op aarde, en ons pligte hier betrag;
dan smaak ons sy liefde daagliks,
en kan loon ook daar verwag.
3. Op die aarde wandel ons as pelgrims, dikwels deur bewolkte lug;
maar eendag sal ons daar aanland, waar geen wolk is en geen sug.
4. Dis die Gees wat God vir ons gestuur het, wat ons lei op hierdie weg;
deur sy krag en moed en sterkte,
stry ons voorwaarts tot die end.
5. Kom ons strewe na die prys wat voor is, volg Hom na vir ons behoud;
waar die pêrelpoorte oopstaan,
en die strate is van goud.