(F/G)

1. Veilig in Jesus hoede,
sag aan sy bors gesus,
daar in sy liefdeskadu
vind ook my siel eens rus! Hoor hoe die stem van eng'le klink in 'n lied van vree, ginds oor die hemelvelde,
oor die kristalle-see!

Koor
Veilig in Jesus hoede,
sag aan sy bors gesus, daar in sy liefdeskadu
vind ook my siel eens rus!

2. Veilig in Jesus hoede,
daar waar geen sorg meer kwel; vry van die ydel wêreld,
daar waar geen sonde knel!
Vry van die druk van droefheid, vry van gevaar en vrees;
nooit sal daar meer beproewing, trane of smarte wees.

3. Jesus, my dierb're Toevlug, eenmaal gesterf vir my; vas op die Rots der eeue sal my vertroue bly!
Hier sal ek wag, geduldig, wag tot die nag verdwyn, wag tot die goue môre ginds aan die kus verskyn.