(G)

1. "Vir ewig by die Heer!"
Ja, amen sê my hart,
die woord gee troos en blydskap weer, en moed in sterwensmart.

Koor
So lank 'k op die aarde bly,
is 'k nog nie veilig tuis,
maar daagliks kom ek nader by,
naby die Vaders' huis.
Nader by, nader by, naby die Vaders' huis.

2. Die Vaders' huis daarbo,
waar 'k eenmaal in sal gaan - o saligheid, ek sien nou reeds die poorte ope staan.

3. Ja, somtyds smag my siel
om gou by Hom te wees.
Hy het vir my die weg gebaan deur kruis en sterwensvrees.

4. "Vir ewig by die Heer!"
Woord wat my siel verhef,
dit wys my op die heerlik' oord, waar my geen smart meer tref.

5. My Heiland, skryf die woord waarvoor 'k U ewig prys,
diep in my hart, tot 'k veilig is by U in d' paradys.