(G/A)
1. Daar's bemindes in die hemel, hier benede reeds gemis;
sal ons, ná die aardse loopbaan, deel in gindse erfenis?
Koor
Sal die kring daarbo volmaak wees, eenmaal weer, eenmaal weer,
in die beter hemelwoning,
by die Heer, by die Heer?
2. In ons blye kinderdae
het hul ons Gods Woord geleer, ons gewys op Jesus' liefde;
nou mag hul met Hom verkeer.
3. Nog gedenk ons samekomste van die bly' familiekring; ook die droewe afskeidstrane wat gevloei het, onbedwing.
4. Langsaam word die stoele ledig; een vir een het weggegaan;
sal die kring wat hier gebreek is, eenmaal daar volmaak bestaan?