(D/E/F)

1. Aanskou Hom daar - die Lam geslag
vir sonde, so bebloed;
dis liefde wat die Lam beweeg
om vir my skuld te boet.

Koor
O die Lam, die bloeiend Lam,
die Lam van Golgota;
die Lam eens geslag, verrys met krag
en skenk aan ons gena.


2. Dis klaar, die losprys is betaal!
"Ontvang my Gees," roep Hy;
dit is volbring, Hy buig sy hoof -
sy smart vir jou en my.

3. Hy sug en sterf, die aarde beef,
die rots en voorhang skeur;
sy moordenaars staan daar verstom,
die kleine kudde beef.

4. Maar Hy oorwin die graf en dood -
staan op in heerlikheid!
Dis liefde - loof die Lam van God,
hier, tot in ewigheid.