(F)

1. Daar gaan ontmoet ek Heiland Jesus, Vader, Seun en Heil'ge Gees.
Dis die roem van alle dae,
aan die ander sy van die graf.

Koor
Die doodskleed waarin ek gewikkel word verander deur die Doodsjordaan se water; die doodskleed waarin ek gewikkel word, verander in 'n bruilofskleed.

2. Daar gaan ontmoet ons vaders, moeders, broeders, susters en ook kinders,
vriende wat vooruit gegaan het,
aan die ander sy van die graf.

3. Daar gaan ontmoet ons vrome vriende, Abraham, Isak en ook Jakob.
Heil'ges van die vroegste eeue,
aan die ander sy van die graf.

4. Dood, waar is u wrede prikkels? Hel, waar is nou u oorwinning? Die kleed wat hier weggelê word, word 'n skone bruilofskleed!