(D)

1. Daar ontmoet ons Heiland Jesus, Menseseun, Gods eie Kind;
wat vir ons op die aarde gely het, wat vir ons sy lewe gee.

Koor
Ek hoor die waterstrome val,
so wonderskoon, so wonderskoon, eens sal ek van blydskap huppel, aan die einde van my reis.

2. Lasarus, Martha en Maria,
wag vir ons daarbowe in;
saam met voorgeslagte, reeds daar - almal juigend voor die Lam!

3. In die hemel, waar verlostes vrygekoop is deur die Lam,
sing hul voor sy troon vir ewig; Hy's die Leeu uit Judastam.

4. Daar lê ek my sondig' kleed af,
wat my soveel trane kos,
en dan trek ek die hemelse kleed aan, wat my Jesus vir my gee.