(G)
1. Hul sê daar's musiek in die hemel, alle soorte wat jy oor kan dink; wat soete klanke kan meebring terwyl die engele sing.
2. Dit staan ook geskryf in die Bybel dat musiek in die hemel sal wees; en as ek dink aan die hemel, verlang ek steeds meer en meer.
3. Ek was altyd lief vir kitare
en viole, met klanke so skoon, want alle^musieke met snare laat my verlang na die dood.
4. Die klanke weerklink deur die sale van die hemel, met strate van goud; musiek met soete akkoorde
terwyl die engele sing.
5. Die serafs buig neer in aanbidding, roep hul: heilig, ja, heilig is God! Bring elk, in d' hemelse Kanaa?n, die lof en eer aan die Heer!