(G/F)

1. Kyk daar, 'n heerlik' land,
met goud en goed beplant,
so skoon en fraai van elke kant.

Koor
'n Heerlik' land, (3x)
so skoon van elke kant!

2. Die Vaders' land, begroei,
die vrug van Jesus bloed,
wat van ons Heiland, Jesus, vloei.

3. Die heerlik' hemelsland,
waar blye eng'leskaar
Hom juigend toesing, hand aan hand.

4. Die heiliges daarbo
in heerlik' Vaders' land,
dra goue krone op hul hoof.

5. Ook in my hart besit
ek nou 'n hemelplant,
en daaroor moet ek waak en bid.