(D/E)

1. As ek die kruishout so beskou,
waaraan die Glorie-Prins moes sterf;
dan ag ek alles skade hier,
en al my trotsheid as verderf.

2. Verhoed dit, Heer, dat ek sou roem,
as net alleen in Christus' dood;
die wêreldsvreugd' wat my bekoor,
lê ek as offer in sy skoot.

3. Sien daar van hoof en hand en voet,
stroom smart, gemeng met liefde teer!
Het liefde ooit so 'n smart ontmoet,
of dorings so 'n kroon vereer?

4. Sy bloed oordek sy liggaam rood,
wyl Hy die mart'ling so moes ly,
liefde so godd'lik en so groot,
vereis my lewe, siel en al!

5. Besit ek al wat skat mag heet,
te klein was selfs die groot heelal;
ek is dan vir die wêreld dood
en dood die wêreld ook vir my.