(F)

1. Ek lê my kindjie voor U neer soos 'n skapie, sag en teer; wag hy op sy Leidsman weer, wat hom lei tot by sy Heer.

Koor
O Lam van Golgota, verseël hom nou daar, (2x) by die heilig' skaar,
dat hy na die hemel vaar.

2. Ek lê my kindjie voor U neer, u belofte pleit ek neer,
ek wag op u seën, Heer,
vir my kindjie, liewe Heer.

3. O neem hom aan, my liewe Heer, bring hom in die hemel, Heer,
gee hom daar aan my eens weer, by my Vader en my Heer.