(F/G)

1. Jesus roep my vir 'n sonstraal, om elke dag te skyn;
Hom te behaag is my strewe, al is my liggie klein.

Koor
'n Sonstraal, 'n sonstraal,
Jesus roep my vir 'n sonstraal; 'n sonstraal, 'n sonstraal,
laat my 'n sonstraal steeds wees!

2. Jesus wil hê ek moet lief wees en vriend'lik met elkeen;
so word ek bly en gelukkig, deur Jesus krag alleen.

3. Jesus, ek bid U, o help my
en hou my hartjie rein!
Graag wil ek wees net soos U is, al is ek nog maar klein.

4. So wil ek skyn vir my Heiland en lewe tot sy eer;
trou in sy diens hier op aarde, dan eenmaal by die Heer.