(D)
1. Kinders, kinders van die Heer,
kinders, hoor hoe roep die Heer.
Al die kleine kindertjies, kom na Jesus toe, kom na Hom net soos jy is, Jesus roep vir jou. Kom nou, kom nou na die Heer,
kom nou, hoor Hy roep jou weer.
2. Kinders, kinders van die Heer,
kinders, kom en loof die Heer.
Hy maak hartjies skoon en vry en dan ook so bly, Hy roep al die kinders nou, kom en maak tog gou. Kom nou, kom nou na die Heer,
kom nou, kom en loof die Heer!