(G/A)
1. Laat ons skyn vir Jesus met 'n helder glans, skitter soos die sterre aan die hemeltrans!
Is die wêreld donker, skyn dan, skyn -
jy in jou klein hoekie en ek in myn'!
2. Laat ons skyn vir Jesus waar ons gaan of kom; as ons lig verduister, rig die oog op Hom! Uit die hemel sien Hy op ons neer,
laat ons skyn vir Jesus, slegs tot sy eer!
3. Laat die lig dan val op almal om ons heen; wys die weg na Jesus vir die hart wat ween! In die nag van kommer, sonde of pyn,
bring ons weer verligting - o skyn dan, skyn!