(G)

1. As ek na die aarde kyk,
kan ek skaars verstaan,
hoe dit als so pragtig lyk, waar kom dit vandaan?
Wie het dit so mooi gemaak, hoe het dit begin?
Lees die boek van Genesis - die antwoord staan daarin.

Koor
Son en maan en sterre, wolke, wind en see, bome, gras en berge het die Heer gegee; visse, voëls en diere - alles wat daar is. Toe was God tevrede en toe het Hy gerus.

2. Alles wat die Here doen, doen Hy so volmaak, winterveld word somergroen as Hy daaraan raak.
Elke mens so wonderlik, elke een spesiaal,
lees die boek van Genesis - die skepping se verhaal.