(G/A)

1. My Heiland sterf op Golgota,
o eindeloos is sy gena;
daar aan die kruis sterf Hy vir my
en maak nou van die vloek my vry.

Koor
O Golgota, waar Jesus sterf
en Gods vergifnis my verwerf;
o Golgota, U prys my lied
vir die wonder eens vir my geskied.


2. O dierb're Heer, kan dit so wees
dat U vir my U lewe gee?
U dra die kruis net uit gena
en sterf vir my op Golgota.

3. Die aarde beef, die rotswand skeur,
dit is of heel die skepping treur.
Die voorhang skeur tot ons gena,
Hy sterf vir my op Golgota.

4. U het geheel die prys betaal,
toe duister oor die mensdom daal.
Ons is verlos, van skuld bevry,
by U sal ons vir ewig bly.