(D/E/F)
1. O kan dit wees dat Jesus al ons leed ken,
kan dit so wees dat Hy ons las wil dra?
O ja, die Heer verlaat sy hemelwoning,
ons sondelas dryf Hom na Golgota.
Koor
Kyk hoe ly Hy, kyk hoe sterf Hy!
Heilig bloed vloei uit sy sy;
dit was die prys wat Hy daar moes betaal,
Hy is daar aan 'n kruishout vasgenael.
2. O kan dit wees dat Hy die dood oorwin het,
was graf en hel te swak om Hom te hou?
O ja, Hy leef, Hy is nou in die hemel,
en pleit by God vir jou en my behoud.
3. O kan dit wees dat Jesus al ons leed ken?
In ons benoudheid sien Hy ons daar stry.
Hy bid in bang Getsemane vir sondaars,
en pleit met angs by God vir jou en my.
4. O kan dit wees dat Hy die dood oorwin het?
Die dood en hel trotseer Hy vir ons daar.
Sy kosbaar bloed betaal vir ons die hemel,
vir elk wat glo, maak Hy 'n woning klaar.