(C/Bb/A)
1. Op 'n heuwel daar ver, was 'n ou ruwe kruis,
die teken van skande en bloed;
en ek min daardie kruis, waar die dierbaarste Man
vir 'n wêreld van sondaars moes boet.
Koor
En so min ek die ou ruwe kruis,
totdat eendag die stryd word beloon;
ja, ek hou maar die ou ruwe kruis,
en verruil dit eendag vir 'n kroon.
2. O die ou ruwe kruis, so verag hier op aard',
trek my aan met 'n heerlike krag;
want die dierbare Lam moes sy glorie verlaat,
en die kruis tot by Golgota dra.
3. In die ou ruwe kruis, wat met bloed is bevlek,
is 'n skoonheid so heerlik vir my;
want dis daaraan dat Jesus moes ly en moes sterf,
om my salig en heilig te kry.
4. Aan die ou ruwe kruis bly ek altyd getrou,
sy skande en smaad sal ek veel;
dan roep Hy my eendag daar ver na my huis,
om sy heerlikheid met Hom te deel.