(A)

1. Kniel by die kruis, daar is plek vir jou,
kom nou terwyl Hy wag;
luister na sy stem, fluister vir jou sag:
"Ek sal jou vrede gee."

Koor
Kniel ... by die kruis ...,
lê ... jou laste neer ...;
kniel ... by die kruis ...,
Jesus ontmoet jou daar.


2. Kniel by die kruis, Jesus is ook daar,
o neem Hom aan vandag;
Hy wag nog steeds, roep so sag en teer:
"Ek sal jou vrede gee."

3. Kniel by die kruis, kom net soos jy is,
tyd gaan so gou verby;
neem Hom nou aan op jou lewensbaan,
Hy sal jou vrede gee!