(A/Bb)
1. Veronderstel God soek in die hemel,
en vind geen een om vrywillig te dra,
die sware las na die heuwel Golgota,
Hy betaal vir die lewe hierna.
Koor
O was dit nie vir 'n tuin, genoem Getsemane,
was dit nie vir die ou ruwe kruis,
was dit nie vir 'n Man genoem Jesus,
was ons siele vir ewig verguis.
2. Hy was bereid om daar sy bloed te sweet,
al smeek Hy: "My Vader, laat dit verby."
Ek is so bly Hy beveel nie die engele:
"Lig die kroon want die dorings kasty."
3. Daarom kan ons nou juig in die Here,
vrywillig dra Hy ons elkeen se las,
sy reddingskrag aan die kruis red die moordenaar,
baan die weg tot die lewe hierna.