(A)

1. Was jy ooit by Jesus met jou sondelas,
is jy rein deur die bloed van die Lam;
glo jy dat die bloed jou sonde weg kan was,
is jy rein deur die bloed van die Lam?

Koor
Is jy rein ... deur die bloed ...,
deur die kosbare bloed van die Lam;
is jou klere vlek'loos, is dit wit soos sneeu,
is jy rein deur die bloed van die Lam?


2. Is jou wandel daagliks aan die Heer se sy,
is jy rein deur die bloed van die Lam;
maak sy kruis jou waarlik van die sonde vry,
is jy rein deur die bloed van die Lam?

3. Sal jou klere wit wees as die Heiland kom,
rein en wit deur die bloed van die Lam;
sal jou siel gereed wees om te woon by Hom,
rein gewas in die bloed van die Lam?

4. Lê dan af die klere, sondig en onrein,
word gewas in die bloed van die Lam;
vir onreine siele is 'n heilfontein
in die dierbare bloed van die Lam!