(G/F)

1. Die aarde juig, die oop graf getuig:
Jesus leef! Hy't opgestaan!
Dra die blye tyding uit:
Jesus het vir ons voldaan!
Deur die dood het Hy gegaan
en God neem die sondaars aan.

2. Hy roep en wink. Sy boodskappe klink
deur die wêreld van terreur.
Diep gevalle sondaar kom
na sy blink genadetroon.
Hy't oorwin en opgestaan
en God neem die sondaars aan.

3. Die Lewensvors sal siele wat dors
na die lewe, deur sy Gees
hier versadig en verkwik,
en hul lewenslot beskik.
Jesus is oor hul begaan,
want God neem die sondaars aan.

4. Waarom nog wag? Hy kom middernag!
Hou jou lampie aan die brand!
Met basuingeklank sal Hy
al sy kinders kom bevry!
Gaan nou deur die hemelpoort
in die saal'ge hemeloord.