(G)

1. Genade, onbeskryflik groot,
het U aan my bewys:
verlore seun - 'n wegloopkind -
weer in die Vaderhuis!

2. Ek is die naam van kind nie werd -
wou self my sake reël;
my lewe, kanse, tyd en geld
is nutteloos verspeel.

3. Maar U sien ver, oneindig ver,
U sien my honger, dors;
want toe ek kom, my skuld bely,
druk U my aan u bors.

4. Genade, onbeskryflik groot:
daar's fees, ek is weer tuis!
U Seun bring my - verlore mens -
weer na die Vaderhuis.

5. En jy, my vriend, dáár eenkant weg,
lyk of jy honger ly?
Kom na die Vader, kom maak reg,
genade maak jou vry.