(F/G)
1. Daar ver in 'n krip
op 'n bedjie van hooi,
lê die klein Here Jesus,
onskuldig en mooi;
die sterretjies skitter,
hul hou daar die wag,
want die Babatjie slaap nou
so rustig en sag.
2. Die kalwertjies loei,
en klein Jesus ontwaak,
maar nogtans sal Hy
geen geluidjie daar maak;
ek het U so lief,
Here Jesus, kom bly
ook dwarsdeur die nag
altyd dig by my sy.
3. Kom woon in my hartjie,
bemin ook vir my,
en wees in my lewe
my altyd naby;
maak tog al die kinders
se hartjies so skoon,
dat hul in die hemel
by U sal kan woon.