(G)
1. Ek moet huis toe gaan
langs die weg van die kruis,
daar's geen ander weg vir my,
o ek mis die poort
van die hemeloord,
as ek nie op die kruisweg bly.
Koor
Langs die kruis gaan die weg na huis, (2x)
ja, ek weet dis waar
wyl ek daarheen vaar -
langs die kruis gaan die weg na huis.
2. En ek werp my las
aan die voet van die kruis,
wyl ek na my Heiland staar;
met 'n hart gerus,
reis ek weer met lus,
in sy liefde so wonderbaar.
3. En ek sê vaarwel
vir die wêreld se weg,
om nooit weer daar in te loop;
want my Heer sê: "Kom"
en ek gaan na Hom,
want Hy staan met die deur wyd oop.
4. Ek moet huis toe gaan
langs die weg van die bloed,
die weg eens gebaan deur God;
daar alleen is rus,
op die saalge kus,
waar my siel ewig woon by God.