(A)

1. In 'n stal, in doeke toegedraai,
lê die Skepper, lieflik, o so fraai;
wyl die eng'le Hom die lof toesing,
aan die Koning eer en hulde bring.

Koor
Want Kersfees is 'n feesgety,
dis 'n tyd om liefde te bely.
Dis die tyd om bymekaar te staan,
in eerbied voor sy grote Naam.


2. Hierdie boodskap, eeue terug gebring,
toe die eng'le aan Hom hulde bring;
geld vandag nog hier vir jou en my,
en herdenk ons hierdie feesgety.

3. Kom ons loof Hom, kom ons prys sy Naam,
ons verhoog Hom, sing 'n loflied saam.
Want ons Koning bring sy heerlikheid
vir die mensdom, tot in ewigheid!