(F)

1. Nog is daar plek, die feessaal is berei,
sy glans en heerlikheid wink u en my.

Koor
Nog plek! Nog plek!
Nog is daar plek vir jou!


2. Die dag verdwyn, die son daal haastig neer,
die skadu groei, die lig skyn straks nie meer.

3. Al voller stroom die Lam se bruilofsaal,
kom in, word deur die Bruidegom onthaal.

4. Nog is daar plek, nog ope staan die poort,
die poort van liefde, na die saalge oord.

5. Die hemel met sy vreugde wag vir jou,
die eng'le wink, kom nou en word behou.

6. Soet is die stem van Hom wat ons bemin,
kom, twyf'laar kom, gaan nou die feessaal in!

7. Kom, voor die nag die hemelpoorte sluit,
dan hou die stem wat nou nog roep, u uit:
"Geen plek! Geen plek!"
Dan is u ewig uit!


Koor - vir alternatiewe wysie
Daar is nog plek, daar's nog plek vir jou. (2x)