(C)
1. So naby die poort van die hemel,
net buitekant die deur,
eendag wil jy ook ingaan,
eendag stel jou teleur.
Koor
So naby die hemel, waarom nog wag?
So naby, miskien nou jou laaste dag,
kom in, waarom sal jy nou langer nog wag?
So naby, maar nog buitekant. (2x)
2. So naby die poort van die hemel,
jy is reeds nou oortuig
dat Jesus jou sal aanneem,
as jy voor Hom wil buig.
3. So naby die poort van die hemel,
jou vriende gaan verby,
die saligheid geniet hul,
hul is van sonde vry.
4. So naby die poort van die hemel,
maar voor die deur bly staan,
as jy nog aanhou twyfel,
sal jy net daar vergaan.