(F/G)
1. Salig wie in hul opregtheid wandel in die Heer se wet,
wie Hom soek van ganser harte en op sy getuig'nis let.
Salig dié wat in hul wandel
nie op onregspaaie gaan,
maar wil wandel op die weë
in Gods wet vir hul gebaan.
2. Dis u wil dat ons u woorde
in getrouheid sal betrag.
Kon ek maar, ek sou 't van harte. Heer, verleen U my die krag!
Ag, was tog my voet maar vaster, dat ek van die spoor nie dwaal
in u wet my voorgeteken,
en geen skande oor my haal!
3. As ek, Heer, U wet wat billik, reg en waar is maar kan leer, dan word U van ganser harte en opreg deur my geëer.
Ja, ek loof U, want regverdig is u regte, woord en daad.
Wil dan nimmer my verlaat nie wat u wet nie wil verlaat.
4. Hoe sal in sy jeug die jong'ling, gou deur ydelheid bekoor,
rein kan wandel in sy weë? ... As hy wandel in u spoor!
U soek ek van ganser harte. Heer, hou U my hande vas,
dat ek van u spoor nie dwaal nie en die kwaad my nie verras.
5. Daarom sluit ek al u woorde in my hart sorgvuldig in,
dat ek nie teen U sou sondig en te minder U bemin.
Heer, my God, U is lofwaardig! Leer my tog u regte wél.
Met my lippe 't ek die wysheid van u wet alom vertel.
6. In u wet smaak ek 'n vreugde
groter as waar hy van weet
wat sy goed en aardse skatte
in hul waarde nie kan meet. Daarmee bly ek altyd besig,
daar 't my soetste^oorpeinsing is; mag maar niks dié bron van vreugde ooit uit my gedagte wis.
7. Help my, Heer, dat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.
Laat my oog aanskou die wonders wat u wet my openbaar.
Wat besit ek hier op aarde?
Niks is daar wat my behoort.
Maar één ding, daarna verlang ek - dis die rykdom van u woord.
8. Heer, U dreig hul wat, vermetel,
nie op u gebooie ag.
As hul smaad, wend dan hul smaadheid ván my wat u wet betrag.
Ook al kom die vorste same
en versin hul teen my kwaad -
juig ek tog in teënhede,
want u wet skenk vreugde^en raad.
9. Ag, hoe kleef ek aan die stof al! Maak my lewend na u woord - U tog wie 'k my sorg vertel het, laat u kneg nie onverhoord.
Lei my altoos voort en verder om u wonders te oordink,
my wat droewig en verslae haas in kommernis versink.
10. Weer my voet van leuenpaaie
en verleen my, Heer, u wet,
my wat kies die weg van waarheid en wat U verorden het.
Gee my hoop, en ek sal lewe,
troos, en wég is my gekwel!
Gaan met weldaad voor, dan volg ek, dan betrag ek u bevel.
11. Heer, leer my u wet dat ek dit tot die einde toe kan hou;
gee verstand en gee volharding, dan bly ek daaraan getrou.
Laat my leef na u bevele -
niks wat my só kan behaag.
Neig my hart daartoe, maar nimmer om na woekerwins te jaag.
12. Wend my oog van wat tog niks is, maak my lewend in u weg;
u belofte^aan al u dienaars -
maak dit waarheid aan u kneg!
Laat geen smaad my ooit oorval nie, stort weer lewe^in my gemoed
uit u woord wat reg en waar is, en 'n bron van alle goed.
13. Wees my goed na u belofte,
dat ek smaders tot hul spyt
reg kan antwoord op hul smading wat my Godsvrees my verwyt.
Neem u woord nie uit my mond nie, waar my hoop op is gebou.
Dan getuig ek van u waarheid
wat ek graag wil onderhou.
14. Dan sal 'k wandel in die ruimte, want ek wandel in u spoor.
Selfs voor konings spreek ek daarvan en ek skaam my nooit daaroor.
Aan u wet, my hoogste vreugde, is my liefde toegewy:
daaraan dink ek, daarna soek ek, daarin, Heer, verdiep ek my.
15. Wees, o Heer, nou tog gedagtig aan die woord, die fondament van die hoop en heilsverwagting wat my troos in my ellend'.
Of ek al vir trotse mense dwaas is en tot spotterny - nogtans het ek aan u woorde stil my wandel toegewy.
16. As ek, wég van beuselinge, klaar aanskou het in my gees hoe u oordeel op die aarde van begin af is gewees:
hoe die vromes toe bewaar is en die bose neergestort -
dan gevoel ek dat my siel weer in sy diepste vrolik word.
17. As ek sien die wetverlaters,
kom daar skrik in my gemoed, en 'n heil'ge vuur van ywer
laat dit opbruis in my bloed. Want u wet wat hul verwerp het in hul agting waardeloos,
is die stof van my gesange,
op my pelgrimspad my troos.
18. Aan u Naam is ek gedagtig
in my soetste mymery,
as ek uitrus op my bedstee
en die nag die aarde^oorsprei.
Is 't 'n wonder? Nee, geen wonder, want te doen na u gebod
is my hoogste lewensweelde en op aard' my hoogste lot.
19. Heer, U is my deel op aarde, en u woord is my die skat wat U aan my toebetrou het op die lange pelgrimspad.
'k Het voor U my hart geheellik in my smeking uitgestort.
Maak my dan u guns deelagtig, laat u woorde waarheid word.
20. Ek oordink nou al my weë om my aan u wet te wen;
of ek staan en of ek struikel, kan ek klaar daaruit beken. Of ek dood is, of ek lewe, kan ek klaar daaruit verstaan. Ek verhaas daarom my skrede om weer in u spoor te gaan.
21. Strikke span die goddelose
voor my voetstap, om en om; maar u spoor, wat ek gevolg het, laat my aan hul net ontkom. Midde-in die stille nagte
staan ek op met lofgeklank
om U vir u wyse regte
met my ganse hart te dank.
22. Vriend is ek van al u vriende,
mét hul in u waarheid één;
leer my, Heer, wat met u goedheid dring deur wêreldwydtes heen; maar wat ook na u beloftes
aan u kneg het wel gedaan.
Gee my insig, gee my kennis
en 'n hart om te verstaan.
23. Voordat ek verdruk was, Here, het ek dwaalsiek, al maar voort op verkeerde pad gewandel: maar nou let ek op u woord.
U is goed, U is goeddadig,
o fontein van alle goed.
Leer my dan wat goed en reg is, uit u goedheids-owervloed.
24. Opgeblase volk dig leuens,
en daar druk hul my mee neer; maar ek voeg van ganser harte woord en wandel na u leer;
maar hu?l hart is onaandoenlik,
in 'n vetlaag ingewoel,
sodat hul die vreugd' nie voel nie wat ek in u wette voel.
25. Dat U my verdruk het, Here, dit was enkel goed vir my, want daardeur het U my dieper in u kennis ingelei.
Daarom is dit my veel beter as die allerrykste skat,
meer as al die goud en silwer wat die wêreld kan bevat.
26. U, o Here, 't my geskape deur u goddelike hand -
ag, herskep my nou inwendig en verlig U my verstand.
Al u dienaars sien my lewe en dit is hul siel 'n vreug
dat my siel op u beloftes
so vrymoedig hom verheug.
27. Al u vonnisse is suiwer,
maar onsuiwer was my weg:
dat U my dan swaar verdruk het, is 'n daad van trou en reg.
Dog waar ek in u beloftes
al my heil soek en geluk,
bid ek dat U, na u goedheid,
my wil troos in al my druk.
28. Laat op my u mededoë
neervloei soos 'n sagte dou,
sodat ek die regte lewe
in u vrese kan behou.
Smaad die trotsaards wat hardvogtig sware druk op my laat daal,
omdat ek hul ore hinder as ek van u wet verhaal.
29. Laat hu?l weer met my vergader wat u Naam van harte vrees,
dat ons, in u woord verenig,
een gemeenskap weer kan wees. Laat my hart maar net opreg wees voor u oog wat alles sien,
dan sal my geen skaamte^oorkom nie as ek U van harte dien.
30. Op u heil wag ek verlangend, op u woord hoop ek altoos, en ek vra met smagtende^oë: wanneer sal U my vertroos? Want my liggaam uitgemergel, tot die laaste lit verswak,
is verkrimp al soos die leer is van 'n swartberookte sak.
31. Nogtans wag ek op U, Here, wat van al my kommer weet - op die uitkoms van u woorde wat my hart nie kon vergeet. Sal daar nie 'n einde kom nie? Toef U, Heer, nog met u straf? Spaar U nog my vyand wat my graag wil neerdruk in die graf?
32. Dié wat op u wet nie ag nie, skoon dit waar bly en gewis, hul vervolg my. Help my, Here! Lewe wat nog in my is,
het hul amper al vernietig;
maar - hoe kon 'k u wet laat vaar? Maak my in u guns weer lewend, dat 'k u woorde kan bewaar.
33. Heer, u woord is onbeweeglik, en u waarheid het geen end, soos die sterre wat bly vonkel aan die hoë firmament.
Met die duur van mensgeslagte sal u bondstrou nooit beswyk; soos die aarde^is dit bevestig wat nie van sy grondslag wyk.
34. Aarde, hemel, alle dinge -
niks wat ooit u ord'ning breek; want hul almal is u knegte, stip-gehoorsaam as U spreek.
Was u wet nie al my lus nie, dan het ek in smart versmag; maar nou dit my krag gewek het, dink ek daaraan dag en nag.
35. U behoort ek al my dae,
help u dienaar, goeie Heer! Soek my heil; ek soek my lewe in die waarheid van u leer. Goddelose wil my ombring,
lê en loer en hou die wag, maar ek let op hoë dinge,
'k gee op u getuig'nis ag.
36. Nimmer, nêrens het my oë
op die wêreld iets aanskou
wat bestendig voort kan duur nie en sy wese kan behou.
Wat volmaak skyn, het 'n einde, moet, met al wat is, verslyt;
net u wet, in duur onendig,
is volmaak en eind'loos wyd.
37. Waarom is 't dat ek u wette
al my liefde waardig keur,
sodat ek in my bepeinsing daarmee besig is aldeur?
Omdat hul my wys gemaak het, wyser as my teenparty,
as my leraars, as die grysaards. Dis 'n kennisskat vir my!
38. Here,^ek wyk deur u genade weg van elke slegte pad;
maar ek wyk nie van u regte, want hul is my wysheidskat. Soet soos heuning is u woorde, soeter, want hul gee my raad; daarom is 't dat ek van harte al die valse paaie haat.
39. Heer, u woord is my 'n fakkel wat sy ligglans voor my dra, voor my voet die duisternisse van my lewenspad verja.
'k Het gesweer, deur u ontferming dit bevestig, dat ek my,
van 'n wêreldnag omgewe,
deur dié ligglans wil laat lei.
40. Troos my nou met u beloftes: teëspoede druk my neer.
Laat my offers - my gebede - U behaaglik wees, o Heer!
Of my lewe^al in gevaar is,
of die dood my al bedreig - 'k kan u wette nie vergeet nie, so 's my hart daartoe geneig.
41. Of ek amper al gevang is
in die slim-verborge net -
midde-in gevaarlikhede
dwaal ek nog nie van u wet.
Want dit is my vreugd', my erfdeel, waar ek nie meer sonder kan; daaraan kleef ek deur u goedheid, en my voet wyk nie daarvan.
42. Vir u wette dra ek liefde,
vir die twyf'laars enkel haat. Heer, U is my skild en skuiling, en u woord my toeverlaat.
Weg van my, o boosgeaardes; want dit maak my onrus stil; om in my bedryf en handel
so te wandel soos God wil.
43. Stel u woord my tot 'n steunsel, dat 'k kan lewe, en nie loop
tot my eie spot en skande,
na 'n ongewisse hoop.
Sterk my, red my; laat die liefde tot u wet in my ontwaak;
want U bring oor hul veragting wat bedrog hul steunsel maak.
44. Heer, U skif die goddelose,
soos ons skuim skif van metaal,
en verwerp hul; daarom bid ek
dat u liefde^in my mag daal.
As ek dink aan u gestrengheid, dan meng liefde^en vrees deur-een; en ek voel hoedat daar angste sidder deur my lede heen.
45. Wil my, wat u wet betrag het, nimmer prysgee as 'n roof
van vermeetles, maar beskerm my soos u woord dit my beloof.
Hoe verlang ek na die heilgoed
wat my toewink in u trou!
Wees my goed, maak my verstandig, dat ek u bevel kan hou.
46. Heer, hoe lank het U met hulle wat u wet verag, geduld?
Kom dan eind'lik, doen vergelding, bring oor hul die sware skuld! Maar vir my is u gebooie
reiner, fyner duisendvoud, meer gelouterd en gekeurmerk as die allerfynste goud.
47. Daarom is my u bevele
altyd waar en reg; ek haat
alle dowwe leuenpaaie
wat die regte pad verlaat.
Heer, u wet is my 'n wonder
as 'k sy diepte wil deurgrond; gaan dit oop, dan skiet dit glanse skoner as die môrestond.
48. Dis 'n lig wat klare kennis
aan eenvoudiges ontdek;
dis die asem van die lewe
wat ek diep na binne trek.
Wend U dan nie weg van my nie, wees my gunstig na die reg
wat in u verbondsgeheim'nis aan u volk is toegeseg.
49. Laat die sonde^oor my nie heers nie. Hou my voetstap in u spoor.
Red my van die onderdrukkers;
gaan my met u heillig voor!
Trane kom my in die oë
en dit vloei in strome neer, omdat hul, die wetsveragters, van u weg hul voetstap weer.
50. Heer, my God, U is regverdig, u verordening is reg;
u getuienis is billik
en u waarheid waar en heg. Daarom brand in my 'n ywer, ywer wat my hart verteer,
as ek sien hoedat die vyand U nie in u waarheid eer.
51. Heer, u woord, dit is gelouterd en bemind deur my, u kneg, wat, hoewel hy klein, verag is, nog aan u bevel bly heg.
U geregtigheid bly ewig, onveranderlik bestaan,
en u waarheid is 'n waarheid wat nie wankel of vergaan.
52. As ek wandel in benoudheid, en in diepe angs geraak,
is u woord die één en alles waar my hart hom in vermaak. Ewige geregtighede
vloei uit u getuienis.
Leer my daaruit só te lewe soos die ware lewe is.
53. Tot U roep ek; Heer, verhoor my, en verlos my, maak my trou,
dat ek u getuienisse
heel my lewe lank kan hou.
Op u woord steun my verwagting: smôrens by die eerste lig
is my oë en my hande
en my stem tot U gerig.
54. Diep nog in die stille nagte
as ek niemand wakker hoor, bring ek my u woord te binne en bepeins dit oor en oor. Hoor genadig, wek my lewe na u heil'ge ordening;
want die snode wetsveragters kom al nader aangedring.
55. Hul kom nader! Kom ook nader! Ja, ek weet van ouds af al
uit wat U voorheen getuig het; ewig staan u waarheid pal.
Sien my aan in my ellende,
'k voel my aan u wet verkleef; wil my regsaak nou verdedig; laat my, na u woord, herleef.
56. Ver 's u weldaad van die bose, want hul swerf van U af weg; maar oor my is u ontferming: maak my lewend na u reg.
My vervolgers, vals en vinnig, hul getal vermeerder nou; maar dis u getuienisse
wat my voete staande hou.
57. 'k Het gesien die trouelose -
en gesmaak hoe hul U smaad, maar dit wek in my 'n walging dat hul, Heer, u woord verlaat. Merk tog hoedat u bevele soetste spys is van my gees; maak my lewend na die woorde wat vir ewig waar sal wees.
58. Vorste haat my sonder oorsaak, op my pad vervolg hul my;
maar ek vrees u Woord alleenlik, en ek is daar vrolik by.
U beloftes gee my vreugde
soos dié wat oorwinnaars smaak, as hul tel die ryke skatte
op hul togte buitgemaak.
59. Leuens haat ek; in u wette
is my lus en liefde^altyd:
en die ganse dag deur sing ek lof op u geregtigheid.
Vrede is daar, enkel vrede,
en dit daal in die gemoed
van wie u bevele liefhet,
vrede sonder teëspoed.
60. Tot U loop ek, op U hoop ek, op u wette gee ek ag;
en ek hou wat U getuig het vol van liefde^en stil ontsag.
'k Voeg my stil na u bevele
- mag ek dié maar nooit vergeet! - Heer, U weet dit - al my weë
is voor U wat alles weet.
61. Mag my klag maar tot U nader, mag dit opklim deur die lug! Maak my, na u woord, verstandig, red my as ek tot U sug!
Van my lippe stroom die sange, want U maak my waarlik wys: al u wette is regverdig,
daarom sal my tong dit prys.
62. Help my, Heer! Ag, hoe verlang ek en hoe sug ek diep en swaar
na die heil wat U beloof het,
na u kennis wonderklaar!
Laat my leef; o Heer, dan loof ek! Laat niks my die heil ontroof!
Laat u oordeel my tot hulp wees! Laat my lewe om te loof!
63. Heer, ek is 'n skaap verlore,
in die wildernis verdwaal.
U, my Heer en Herder, bid ek
dat U my tog wil kom haal.
Soek my, bring my weer, u dienaar wat in al sy harteleed,
en in al sy teënhede, u gebooie nie vergeet.