(G)

1. My God, wat tog my lewe is,
hoe smag my hart as 'k U moet mis! Ek soek U, Heer, terwyl ek kwyn
in sielsverlatenheid en pyn.
Ek smag soos alles hier om my
waar 'k swerf in wilde woesteny,
'n dor en uitgedroogde land
waarop die son se vlamme brand.

2. Ek het voorheen, in stille wag,
U in u heiligdom betrag,
waar U in glans, aanbidd'lik skoon, en alvermoënd sit ten troon.
Want bo ons lewe^in kommernis, wat sonder U geen lewe is,
skat ek u grote goedheid, Heer, waarvoor my mond U dankend eer.

3. Ek wil U prys my lewe lank,
my hande ophef en U dank.
Want, soos met vettigheid, sal weer my siel versadig word, o Heer!
My mond sal jubelend U noem, my lippe hoog u weldaad roem wanneer die aarde^in nag versink - dan sal ek peinsend aan U dink.

4. U was, o God, 'n hulp vir my.
U het u vleuels uitgesprei
om met beskerming my te dek
en jubels in my hart te wek.
O God, só met my lot begaan,
hoe kleef my siel U agteraan! Vertrouensvol op U geleun,
voel 'k hoe u hand my ondersteun.

5. Maar wie my op die pad laat swerf en rust'loos soek na my verderf - hul stort in hul verdelgingsdrang self in die kuil van ondergang;
en, weggedryf uit vaste stee,
word hul die slagswaard oorgegee, om, op die velde neergestort,
vir wilde diere^'n prooi te word.

6. Maar ek is in die Here bly
met almal wat sy Naam bely;
ons roem, daar Hy die boosheid stuit en streng die leuenmonde sluit.