(G)

1. Ja, halleluja, God en Here,
wat U beloof, hou ewig stand!
Ja, halleluja, U sy ere!
Verlossing bied u Vaderhand.
Ek smaak reeds hier die eewge lewe, my deur u segepraal berei,
want al my sonde is vergewe -
ek kan my in my God verbly.

2. Sou ek nie roem in sy genade, waar Hy sy waarheid nimmer krenk en my, hoe swaar met skuld belade, van alle skuld vergewing skenk? Sou ek dan, met u Woord geseën, in twyfel nog van ver bly staan,
en waar Hy my met guns bejeën nie vrolik na die Vader gaan?

3. Ja, dis volbring en U, my Vader, aanvaar die offer van u Seun; gee dat ek op u roepstem nader en in vertroue daarop steun.
Dis alles uit genade, Here,
uit onverdiende guns gegee.
So kan 'n sondaar, U ter ere, vrymoedig tot u voetbank tree.

4. Sterk my, o Heer, in pligsbetragting, deur kinderlik' geloof gelei;
wees U voortaan my sielsverwagting, dat ek U al my liefde wy!
My hoop beskaam my hier dan nimmer, u Woord bied my versekering;
dan sê ek Amen, dankbaar immer,
op Jesus heilswoord: Dis volbring!