(G/F)
1. Kom, laat ons saam tot Jesus nader met blye uitsig op ons lot!
Hy het die heilsraad van die Vader vir sondaars nou volbring by God. Sy werk van goddelike waarde,
die eeue deur met smart verwag,
is nou volbring; loof, hemel, aarde, loof Hom, die Lam vir ons geslag!
2. U, Jesus, met ons skuld belade,
U het gedra die sondestraf;
U't God behaag, en in genade
wend Hy van ons sy oordeel af.
Ons, skuldig, snood, van God verdrewe, het ver van Eden af bly staan:
u kruis, die boom van nuwe lewe, het Edens poort weer oop laat gaan.
3. Die godspraak aan die voorgeslagte, die eise van Gods eewge reg
het U volbring met al u kragte
op heel u donker lydensweg.
U het gedrink die lydensbeker, voldoen aan Gods geregtigheid; sy vonnis, wat ons heil verseker, is loutere regverdigheid.
4. Gods heiligheid, op aard' verdonker deur diep bedorwe sterweling,
daag op met nuwe glans en flonker waar luide klink: "Dit is volbring!" U lof weergalm in hemelsale,
waar engele u deug besing;
u lof verkondig mensetale,
waar u gemeente^U hulde bring.
5. Ons wil U needrig wy ons lewe, U volg waar U ons ook gelei,
U gans ten offer oorgegewe,
met dankbaarheid U toegewy. Getroue Leidsman, slaan ons gade; Voleinder, gee dat deur u krag
die heerlik' werk van Gods genade in ons volbring word dag na dag!