(D)

1. Triomf, triomf, Immanuel
rys uit die graf! Die dood en hel buk voor sy magsbeskikking! Lofsing die Held, Hy het oorwin en lei ons in sy woning in, verlos van doodsverskrikking! Triomf, triomf, Hy segepraal,
die volle losprys is betaal,
die kwytbrief afgegewe!
God spreek van sy genadetroon: "My Seun se offer is bekroon, Hy leef en jy sal lewe!"

2. Triomf, aanskou die kruisberg weer - Hy hang nie aan die vloekhout meer; reeds is die dood verslonde;
daar waar die oog Hom soek en mis, daar is vir ewig uitgewis
die skuldbrief van die sonde. Triomf, triomf, op Golgota ontspring daar strome van gena; geen onweer meer te hore!
In sagte suising, soos van wind, spreek God as Vader tot sy kind, nou langer nie verlore.

3. Triomf, die Heer het opgestaan,
nou kan ons vrolik grafwaarts gaan, sy liefde rig ons skrede;
Hy, uit die dood die eersteling,
sal ons tot lewe wederbring,
ons sal verrys in vrede.
Triomf, triomf, wat ook beswyk, eens is ons daar, aan Hom gelyk, onsterfelik in wese!
Verheerlik rys ons uit die stof. Sing, sterwelinge, Jesus lof -
sy Naam bly onvolprese!