(D)
1. Christ'ne, roem en sing, waar jul hier vergader! Alles is volbring:
Jesus het voldaan; heerlik opgestaan,
heers Hy by die Vader.
2. Jesus maak ons vry: ons sal ewig lewe;
Hy voer heerskappy. Mag van dood en hel is terneergevél,
Hy ten troon verhewe.
3. Aarde,^erken u Heer; Christen, bring Hom ere; eng'le buig u neer!
Hy't die hel oorwin;
haal Hom juigend in: Christus is die Here!
4. Hy, die Hemelheer,
nader tot sy woning, waaruit Hy regeer
heel sy Kerk op aard'. Hy's ons hulde waard, Hy, ons Hoof en Koning.
5. Opgewek soos Hy, sal ons ewig lewe:
Hy't ons plek berei.
Uit die aardse stof bring ons Hom die lof, Hom, so hoog verhewe!