(C)
1. Jesus leef, en ons met Hom - dood, wie sou vir jou nog bewe? Jesus lewe, en alom
roep sy stem ons weer tot lewe; Hy sal ons met eer beklee,
Hy alleen deel troos ons mee.
2. Jesus leef, heers oor sy ryk,
elk moet Hom vereer as Koning; eens sal ons, aan Hom gelyk,
saam heers in sy eewge woning. Sal Gods Woord ooit wankel? Nee! Hy alleen deel troos ons mee.
3. Jesus leef, wie nou nog vrees, sou e?n Hom e?n God nie eer nie; sondaars mag vrymoedig wees, niks kan sy genade weer nie. Jesus hoor die sondaarsbee,
Hy alleen deel troos ons mee.
4. Jesus leef, ons hoogste Goed, Hom behoort geheel ons lewe; Hy skenk reinheid van gemoed om die sonde te weerstrewe. Jesus sal ons sterkte gee,
Hy alleen deel troos ons mee.
5. Jesus leef, dit is gewis;
sal Hy ons nie altyd lei nie?
Selfs geen mag van duisternis
sal ons ooit van Hom kan skei nie. In sy bystand vind ons vree,
Hy alleen deel troos ons mee.
6. Jesus leef, nou is die dood
ons 'n ingang tot die lewe;
wat 'n rus in sterwensnood
bied sy Woord die hart wat bewe! Hy, ons Heiland, ken ons weë,
Hy alleen deel troos ons mee.