(C)

1. Ja, Jesus Christus het verrys,
sy grote Naam sy eer en prys!
O sondaar, Hy't vir u gesterf,
die lewe deur sy dood verwerf; wees dan ook tot sy diens bereid, nou en hierna in ewigheid!

2. Laat ons Hom met aanbidding eer, Hom nooit deur twyfeling onteer; Hy leef, o wat 'n saalge troos - ook ons wag lewe eindeloos!
Wat ons op aarde dan mag lus, in Hom slegs vind ons sielerus.

3. Ja, Jesus leef, dit weet die hart wat Hom gelowig soek in smart; die siel wat biddend op Hom wag, sal Hy altoos vervul met krag;
Hy wil in liefde nedersien
op wie in ootmoed Hom wil dien.

4. Hoe menig swaar beproefde hart het ondervind in bange smart
en stryd, van vyande omgeef,
die hoogste troos - dat Jesus leef! Oorwinning is vir ons verkry
oor sondemag en heerskappy.

5. U leef, o Jesus - waar ons ly, verkwik dit ons, en maak ons bly; U leef! U leef! En eens omhoog aanskou ons U met eie oog;
ook ons sal lewe vir altyd, volsalig in onsterflikheid!